Crazy Horse

Crazy Horse

Oorlogsleier van die Lakota

Persoonlike besonderhede
Sterf 5 September 1877
Fort Robinson

Militêre Diens
Lojaliteit Lakota, Tsitsistas (Cheyenne) en Inuna-Ina (Arapaho)
Oorloë/Veldslae Slag van Little Bighorn

Crazy Horse (ongeveer 1842 - Fort Robinson, 5 September 1877) was 'n "Inheemse Amerikaner" van die Oglala Lakota wat bekend geword het as 'n prominente oorlogsleier van die Lakota, Tsitsistas (Cheyenne) en Inuna-Ina (Arapaho). Sy naam was Tashunka Witko, wat beteken "Pronkende Perd". Tashunka Witko het die weerstand van die drie genoemde volke teen die oorname van Amerikaanse setlaars en goudprospekteerders van hul Paha Sapa (Black Hills) in Suid-Dakota en Wyoming gelei. Hierdie gebied, wat 'n heilige betekenis vir die inheemse inwoners het, was vol minerale. Tashunka Witko is in 1877 in Fort Robinson, Nebraska, doodgemaak waar hy by sy neef, Touch The Clouds, gebly het. Hy was die teenstander van generaal George Armstrong Custer, wat in die Slag van Little Bighorn gesterf het. Toe Crazy Horse geveg het, het hy sy hare losgemaak en 'n bliksemstraal op sy kop geverf.

In die omgewing van Mount Rushmore is daar sedert 1948 werk aan die Crazy Horse Mountain Carving (170 mx 195 m). Hierdie monument sal, wanneer dit gereed is, Crazy Horse voorstel wat op 'n perd sit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search